07 December 2011

Sainte-Chapelle

Ek was geheel en al onvoorbereid vir Sainte-Chapelle se brandglasvensters. Toe ek bo by die smal trappie uitkom het die skouspel van kleur en lig my letterlik na my asem laat snak.



28 September 2011

La belle chanson


Met hierdie versie het ek vir my 'n nuwe LeRobert woordeboek by die Alliance Française losgerym:

il y a une chanson
qui est chantée
dans le monde entier
par Dieu donnée

elle apporte l’harmonie
elle est chic, elle est suave
elle allège les coeurs,
parfois elle est grave

elle est chantée
du Nord au Sud,
et même entendu
à Nouvelle Hébrides

savez-vouz
ce que je veux dire?
elle n’est pas une chanson
avec notes, mélodie

elle est une langue
qui est bien adorée
c’est le beau, le grand,
c’est le cher français

27 March 2011

Skets op die Internet

Ek het 'n oulike Paint-tipe program op die Internet ontdek by www.wiiplayable.com. Dit laat jou toe om direk in jou webblaaier tekeninge te skep wat jy dan as PDF-lêers kan spaar.

Hier is my eerste poging met die program:



07 March 2011

Wag

Ek stort my drang uit
Op eilande waar die sand nog klam is,
besmet met die amniotiese vloeistof van ons oergeboorte
Wat nêrens is behalwe naby en ver
en ver en naby aan die eerste asemteug

Hoe gering is my hart
Hoe reëlmatig my pols
Hoe diep is my heimwee
Hoe nietig is ek en verlate
Sonder herinnering aan sterre of heling

Die growwe skurfte van my gebeente
kontrasteer met perlemoen-gladde fossiele

Steeds wag ek op opstanding en geluksaligheid

03 January 2011

Buffalo buffalo Buffalo buffalo buffalo buffalo Buffalo buffalo

Ek het op hierdie interessante Engelse sin afgekom op Wikipedia:

Buffalo buffalo Buffalo buffalo buffalo buffalo Buffalo buffalo.

Gramaties is dit 'n korrekte Engelse sin, alhoewel ietwat lomp en dubbelsinnig. Bestaan daar 'n soortgelyke sin in Afrikaans?

08 December 2010

Kindle

My nuwe Kindle is gister afgelewer en dit oorskry my stoutste verwagtinge.

Uiteindelik! 'n Elektroniese apparaat wat werklik iets werd is.