Ek stort my drang uit
Op eilande waar die sand nog klam is,
besmet met die amniotiese vloeistof van ons oergeboorte
Wat nêrens is behalwe naby en ver
en ver en naby aan die eerste asemteug
Hoe gering is my hart
Hoe reëlmatig my pols
Hoe diep is my heimwee
Hoe nietig is ek en verlate
Sonder herinnering aan sterre of heling
Die growwe skurfte van my gebeente
kontrasteer met perlemoen-gladde fossiele
Steeds wag ek op opstanding en geluksaligheid
Showing posts with label digkuns. Show all posts
Showing posts with label digkuns. Show all posts
07 March 2011
14 November 2010
Sondagoggend
Dis Sondagoggend.
Ronde druppels biggel uit die geute
en die oggend is koel na ‘n nag van reën.
By die stroom roep paddas fluitkeels.
Almal rus.
Die oggend is gehul in ‘n heilige groen skemerte
- ‘n onverwagte verlossing -
totdat die moeras van somer ons opnuut bedwelm.
Ronde druppels biggel uit die geute
en die oggend is koel na ‘n nag van reën.
By die stroom roep paddas fluitkeels.
Almal rus.
Die oggend is gehul in ‘n heilige groen skemerte
- ‘n onverwagte verlossing -
totdat die moeras van somer ons opnuut bedwelm.
03 October 2010
Ek wil 'n huis bou
Ek wil 'n huis bou,
onder teen die hang
van Kilimanjaro,
met 'n breë stoep
en houtvloere
en 'n hoë plafon.
En 'n tuin uitlê,
met beddings en 'n grasperk
en 'n koelteboom
- vir skadu teen die son -
wat vlekke silwer lig deur laat
drup tot binne-in my ingewande
- dat ek heel kan word.
onder teen die hang
van Kilimanjaro,
met 'n breë stoep
en houtvloere
en 'n hoë plafon.
En 'n tuin uitlê,
met beddings en 'n grasperk
en 'n koelteboom
- vir skadu teen die son -
wat vlekke silwer lig deur laat
drup tot binne-in my ingewande
- dat ek heel kan word.
Wentelwoorde
ek pos my woorde in 'n brief
in 'n spierwit papierkoevert
sonder 'n seël
sonder 'n geadresseerde
sonder 'n afsender
sonder 'n lugposseël
ek lanseer my brief vanaf my lessenaar
tot hoog, hoog bó in die atmosfeer
laat hy val waar hy wil
laat my woorde val waar hulle wil
partykeer land my woorde in 'n wentelbaan
wentelwoorde
wat iewers
dalk
tot nut kan wees
in 'n spierwit papierkoevert
sonder 'n seël
sonder 'n geadresseerde
sonder 'n afsender
sonder 'n lugposseël
ek lanseer my brief vanaf my lessenaar
tot hoog, hoog bó in die atmosfeer
laat hy val waar hy wil
laat my woorde val waar hulle wil
partykeer land my woorde in 'n wentelbaan
wentelwoorde
wat iewers
dalk
tot nut kan wees
19 April 2010
Valskermsprong
in 'n duisend oomblikke
op 'n mespunt kantel ons
oplaas – 'n warboel sonne
flits, wolkmassas en blou –
tuimelend, gehoorsaam en
aangetrokke, maar
gekussing, geharnas,
gegespe en tevrede –
na benede
op 'n mespunt kantel ons
oplaas – 'n warboel sonne
flits, wolkmassas en blou –
tuimelend, gehoorsaam en
aangetrokke, maar
gekussing, geharnas,
gegespe en tevrede –
na benede
18 February 2010
Parys

Ons dwaal deur die klam stad;
kaal geraamtes mymer
grinnikend in rye
en fluister heimlik:
kyk my hart, kyk my hart ...
29 January 2010
Springgety
skuimend stroom die water
óp en óór die strand en
beur traag maar onverpoosd,
kloppend, teen die klam rots
en kaaie en hellings
die mantel van strand en
sand krimp sonder waan of
agterdog of pyn of
wete, gelate, en
bruis onder die kombers
sand krimp sonder waan of
agterdog of pyn of
wete, gelate, en
bruis onder die kombers
24 December 2009
Die mooiste reël in die Franse digkuns?
Quand vous serrez bien vieille, au soir, à la chandelle ...
Só skryf Ronsard vir sy Hélène in 1587. Sy boodskap is as volg:
Wanneer jy oud geword het, saans by die kers aan die spinwiel, dán sal jy onthou dat Ronsard jou bemin het, toe jy nog jonk en mooi was. Pluk vandág die roos van die lewe ...
Meer as 400 jaar later is sy gedig, en die boodskap daarvan, nog net so mooi.
Subscribe to:
Posts (Atom)
