My nuwe Kindle is gister afgelewer en dit oorskry my stoutste verwagtinge.
Uiteindelik! 'n Elektroniese apparaat wat werklik iets werd is.
08 December 2010
14 November 2010
Sondagoggend
Dis Sondagoggend.
Ronde druppels biggel uit die geute
en die oggend is koel na ‘n nag van reën.
By die stroom roep paddas fluitkeels.
Almal rus.
Die oggend is gehul in ‘n heilige groen skemerte
- ‘n onverwagte verlossing -
totdat die moeras van somer ons opnuut bedwelm.

03 October 2010
Ek wil 'n huis bou
Ek wil 'n huis bou,
onder teen die hang
van Kilimanjaro,
met 'n breë stoep
en houtvloere
en 'n hoë plafon.
En 'n tuin uitlê,
met beddings en 'n grasperk
en 'n koelteboom
- vir skadu teen die son -
wat vlekke silwer lig deur laat
drup tot binne-in my ingewande
- dat ek heel kan word.
onder teen die hang
van Kilimanjaro,
met 'n breë stoep
en houtvloere
en 'n hoë plafon.
En 'n tuin uitlê,
met beddings en 'n grasperk
en 'n koelteboom
- vir skadu teen die son -
wat vlekke silwer lig deur laat
drup tot binne-in my ingewande
- dat ek heel kan word.
Wentelwoorde
ek pos my woorde in 'n brief
in 'n spierwit papierkoevert
sonder 'n seël
sonder 'n geadresseerde
sonder 'n afsender
sonder 'n lugposseël
ek lanseer my brief vanaf my lessenaar
tot hoog, hoog bó in die atmosfeer
laat hy val waar hy wil
laat my woorde val waar hulle wil
partykeer land my woorde in 'n wentelbaan
wentelwoorde
wat iewers
dalk
tot nut kan wees

21 May 2010
19 April 2010
Valskermsprong
in 'n duisend oomblikke
op 'n mespunt kantel ons
oplaas – 'n warboel sonne
flits, wolkmassas en blou –
tuimelend, gehoorsaam en
aangetrokke, maar
gekussing, geharnas,
gegespe en tevrede –
na benede
op 'n mespunt kantel ons
oplaas – 'n warboel sonne
flits, wolkmassas en blou –
tuimelend, gehoorsaam en
aangetrokke, maar
gekussing, geharnas,
gegespe en tevrede –
na benede
14 March 2010
26 February 2010
Afrikaanse deeltekens, aksente en kappies
So verstel 'n mens jou rekenaar in Windows 7 om diakritiese skryftekens soos deeltekens, aksente en kappies te tik:
Stap 1:

Kies Control Panel op jou rekenaar se opsielys ...
Stap 2:

Kies Region and Language ...
Stap 3:

Kies Change keyboards ...
Stap 4:

Kies Add ...
Stap 5:

Rol boontoe totdat Afrikaans (South Africa) sigbaar is en kies Show More ...
Stap 6:

Kies United States-International ...
Stap 7:

'n Mens kan ruil tussen die Afrikaanse of gewone sleutelbord deur 'n sleutelkombinasie te druk. Kies Advanced Key Settings om te sien wat die sleutelkombibasie is (by verstek is dit die linker Alt-sleutel saam met Shift), en verander dit indien nodig.
Kies daarna Ok, totdat al die venstertjies weer toe is ...
Stap 8:

In 'n program soos Microsoft Word, kan 'n mens sien watter sleutelbord aktief is. Hierbo kan 'n mens sien dat die Afrikaanse sleutelbord aktief is. Druk linker Alt en Shift om te ruil tussen die Afrikaanse of gewone sleutelbord. Dit sal in ander programme ook werk, maar 'n mens kan nie noodwendig altyd sien watter sleutelbord aktief is nie ...
Stap 9:

Om die Afrikaans letters te tik, tik 'n mens eers 'n aksent sleutel en volg dit dan op met die letter wat geaksentueer moet word. Die aksent sleutels wat meestal in Afrikaans gebruik word is ', ", ^, en `. So, om byvoorbeeld 'n ë te tik, tik eers " (niks sal op die skerm verskyn nie) en tik dan e. As dit nie werk nie, druk die sleutelkombinasie wat die Afrikaanse sleutelbord aktiveer (linker-Alt en Shift).
Nog voorbeelde: tik ^ en dan e om ê te kry; tik ' gevolg deur o om ó te kry, ensovoorts. 'n Mens kan ander vreemde letters ook skep, bv die Franse ç deur eers ' en dan c te druk, of die Spaanse ñ deur ~ gevolg deur n te druk.
As die Afrikaanse sleutelbord aktief is, en 'n mens wil 'n gewone aksent letter skep, druk bloot die aksent sleutel gevolg deur 'n spasie.

18 February 2010
Parys

Ons dwaal deur die klam stad;
kaal geraamtes mymer
grinnikend in rye
en fluister heimlik:
kyk my hart, kyk my hart ...
07 February 2010
Spookasem
In Afrikaans is dit spookasem;
in Engels is dit candy floss;
in Amerikaans is dit cotton candy;
en in Frans is dit barbe á papa.
Vir my is die Afrikaans en die Frans (Pappa se baard) die mooiste.
29 January 2010
Springgety
skuimend stroom die water
óp en óór die strand en
beur traag maar onverpoosd,
kloppend, teen die klam rots
en kaaie en hellings
die mantel van strand en
sand krimp sonder waan of
agterdog of pyn of
wete, gelate, en
bruis onder die kombers
sand krimp sonder waan of
agterdog of pyn of
wete, gelate, en
bruis onder die kombers
23 January 2010
Die Witsand se knorders
Subscribe to:
Posts (Atom)