29 January 2010

Springgety

skuimend stroom die water
óp en óór die strand en
beur traag maar onverpoosd,
kloppend, teen die klam rots
en kaaie en hellings

die mantel van strand en
sand krimp sonder waan of
agterdog of pyn of
wete, gelate, en
bruis onder die kombers


23 January 2010

Die Witsand se knorders


As die wind uit die suide waai, kry die vis 'n pyn in sy bek! - so sê die ou vissermanne op die Witsand.

Daarenteen, as die wind uit die suid-ooste waai, soos op díé dag, kan jy só 'n allemintige knorder uit die water trek.