26 February 2010

Afrikaanse deeltekens, aksente en kappies

So verstel 'n mens jou rekenaar in Windows 7 om diakritiese skryftekens soos deeltekens, aksente en kappies te tik:

Stap 1:



Kies
Control Panel op jou rekenaar se opsielys ...

Stap 2:



Kies
Region and Language ...

Stap 3:



Kies
Change keyboards ...

Stap 4:



Kies
Add ...

Stap 5:



Rol boontoe totdat
Afrikaans (South Africa) sigbaar is en kies Show More ...

Stap 6:



Kies
United States-International ...

Stap 7:



'n Mens kan ruil tussen die Afrikaanse of gewone sleutelbord deur 'n sleutelkombinasie te druk. Kies
Advanced Key Settings om te sien wat die sleutelkombibasie is (by verstek is dit die linker Alt-sleutel saam met Shift), en verander dit indien nodig.

Kies daarna
Ok, totdat al die venstertjies weer toe is ...

Stap 8:



In 'n program soos
Microsoft Word, kan 'n mens sien watter sleutelbord aktief is. Hierbo kan 'n mens sien dat die Afrikaanse sleutelbord aktief is. Druk linker Alt en Shift om te ruil tussen die Afrikaanse of gewone sleutelbord. Dit sal in ander programme ook werk, maar 'n mens kan nie noodwendig altyd sien watter sleutelbord aktief is nie ...

Stap 9:



Om die Afrikaans letters te tik, tik 'n mens eers 'n aksent sleutel en volg dit dan op met die letter wat geaksentueer moet word. Die aksent sleutels wat meestal in Afrikaans gebruik word is ', ", ^, en `. So, om byvoorbeeld 'n ë te tik, tik eers " (niks sal op die skerm verskyn nie) en tik dan e. As dit nie werk nie, druk die sleutelkombinasie wat die Afrikaanse sleutelbord aktiveer (linker-
Alt en Shift).

Nog voorbeelde: tik ^ en dan e om ê te kry; tik ' gevolg deur o om ó te kry, ensovoorts. 'n Mens kan ander vreemde letters ook skep, bv die Franse ç deur eers ' en dan c te druk, of die Spaanse ñ deur ~ gevolg deur n te druk.

As die Afrikaanse sleutelbord aktief is, en 'n mens wil 'n gewone aksent letter skep, druk bloot die aksent sleutel gevolg deur 'n spasie.

18 February 2010

Parys



Ons dwaal deur die klam stad;
kaal geraamtes mymer
grinnikend in rye
en fluister heimlik:
kyk my hart, kyk my hart ...

07 February 2010

Spookasem

In Afrikaans is dit spookasem;
in Engels is dit candy floss;
in Amerikaans is dit cotton candy;
en in Frans is dit barbe á papa.

Vir my is die Afrikaans en die Frans (Pappa se baard) die mooiste.