14 November 2010

Sondagoggend

Dis Sondagoggend.

Ronde druppels biggel uit die geute
en die oggend is koel na ‘n nag van reën.
By die stroom roep paddas fluitkeels.

Almal rus.

Die oggend is gehul in ‘n heilige groen skemerte
- ‘n onverwagte verlossing -
totdat die moeras van somer ons opnuut bedwelm.