Ek stort my drang uit
Op eilande waar die sand nog klam is,
besmet met die amniotiese vloeistof van ons oergeboorte
Wat nêrens is behalwe naby en ver
en ver en naby aan die eerste asemteug
Hoe gering is my hart
Hoe reëlmatig my pols
Hoe diep is my heimwee
Hoe nietig is ek en verlate
Sonder herinnering aan sterre of heling
Die growwe skurfte van my gebeente
kontrasteer met perlemoen-gladde fossiele
Steeds wag ek op opstanding en geluksaligheid
No comments:
Post a Comment
Sê jou sê!